[Video] Indrukwekkende skuinslanding in erge storm

Skermgreep uit die video

Skermgreep uit die video

Verstommende beeldmateriaal van ʼn vlieënier van Emirates-lugredery wat ʼn A380-vliegtuig skuins land tydens Orkaan Angus se stormwind, is vrygestel.

Die dramatiese beeldmateriaal wys hoe die vlieënier van ʼn “krap-landingstegniek” gebruik maak om die vliegtuig by Schipol-lughawe in Amsterdam te land.

Jerry Taha Productions het Sondag die beeldmateriaal op YouTube vrygestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Uiltjie ·

Ja nee, EMIRATES het uitstekende PILOTS en baie vriendelike personnel, het al n paar keer met hulle gevlieg.

Lena Jonk ·

Ek moet ook die vlieeniers van Emirates n pluimpie gee, toe ons NZ toe gekom het, was ons ook in n baie erge storm. Ons was gereeld op hoogte gehou van die posisie, mense het gebraak, alles was net spanning. Die vliegtuig het op af heen en weer beweeg,alles het net op radar beweeg. Ons kry die boodskap voor uit kajuit dat ons veilig geland het, ons was ook bedank vir die kalmte en geduld. Moet ook byse dat ons in 5 tale bedien is, afr was ook duidelik.

Kloekie ·

Sal nie verbaas wees as dit een van ons vlieeniers was nie!

MCS ·

Ek Love die adverstensie wat Emirstes ,Jenifer Aniston gebruik het in! Dit is regtig met klas gemaak! Dink hulle diens is uitstekend!

Rene ·

As jy weet wat jy doen…en met selfvertroue daarby…DAN WEET JY WAT JY DOEN!!!

Ronelle Oosthuizen ·

Ek wonder ook nogal. Toe ons drie jaar gelede Israel toe is, het ons met Etihad via Abu Dhabi en Egipte gevlieg. Tóé het ons op een van die vlugte ‘n SA vlienier gehad en is ons ook in Afr welkom geheet. Ook het hulle Afr lugwaardinne gehad. Dit was so spesiaal gewees.

Liksens ·

Ja Chantal maar ook intensiewe opleiding op die vlak van ALLE moontlike gebeure. Sy lisensie het hy nie gekoop. Ek kan ongelukkig nie dieselfde sê van diegene wat op ons paaie losgelaat word met ‘n K53 van basiese kennis oor waar die voorkant en agterkant van ‘n voertuig is.

Piet Snot ·

Die rede hoekom ek nie SAL vlieg nie, is taal.
Een van die redes hoekom ek Emirates vlieg, is taal.

Lions ·

Daai manne wat daai masjiene vlieg weet wat hulle doen. Hulle mag maar groot salarisse kry.

Belinda ·

Ek verkies ook ander rederye bokant SAL oor taal. ‘n Paar jaar gelede boek ek in by BA vir ‘n vlug van Phoenix na Londen. So wraggies waar word ons in Phoenix deur British Airways in Afikaans gegroet. Ons eie SAL weier om ‘n woord Afrikaans te praat.

Schalk ·

Ek sou bevoorbeeld die vliegtuigie geland het, n bottel of twee Whiskey gesluk het en na n nuwe loopbaan gekyk het. Iets soos n uber taxi.

Chris ·

Ja, die lugredery se kajuitpersoneel word sorgvuldig gekeur en opgelei. Ek weet van ‘n lugredery wie se kajuitpersoneel net ingeweeg word. Noem geen name nie, maar is blykbaar die beste in Afrika, suid van die Sahara.

Bruno Stef ·

Ek het al twee maal met SAL vanaf JHB na PERTH in Australie en terug gevlieg en is beide kere deur die loods of sy assistent in Engels en Afrikaans verwelkom en in een geval ete bedien in Afrikaans.Dit hang seker net af wie die Kaptein op die vlug is.

Ignatius ·

Welgedaan deur die vliënier.Dit was ‘n asemrowende landing.Vliënier verdien ‘n medalje.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.