Video: Internet krap kop oor motorfiets self begin ry

Skermgreep uit die video

Is dit ʼn onsigbare bestuurder of sommer net ʼn video wat slim gedokter is? Dit is die vraag wat Twitter-gebruikers gevra het toe beeldmateriaal van ʼn geparkeerde motorfiets, wat skielik op sy eie begin beweeg het, gedeel is.

Die kringtelevisiebeeldmateriaal is eers verlede week op Twitter gedeel, alhoewel die video al in Desember verlede jaar verfilm is. Duisende gebruikers krap intussen kop oor die eienaardige video.

Sommige glo egter dit is bloot ʼn video wat gedokter is of dat die fiets moontlik foutiewe bedrading het.

In die video, van ongeveer 30 sekondes lank, staan twee motorfietse langs die pad geparkeer. Een van die motorfietse begin dan skielik op sy eie te beweeg en draai links totdat dit in die middel van die sypaadjie omval.

“Niemand sou dit geglo het as dit nie op video verfilm is nie,” het een Twitter-gebruiker gesê toe hy die beeldmateriaal gedeel het.

“Dis ʼn geredigeerde video,” het ʼn ander laat weet. “Dis nie moontlik nie. Daar is nie iets soos spoke nie. Jammer, dis ʼn vervalsing.”

“Daar is niks spokerig hieraan nie,” skryf nog ʼn persoon. “Daar is twee eenvoudige verduidelikings. 1. Foutiewe bedrading wat veroorsaak het dat die enjin begin draai terwyl dit in rat is. 2. Swak installasie van die afstandbeheer-sluitingsmeganisme wat beteken die enjin begin draai wanneer die aansitterknoppie gedruk word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Wielspore ·

Ons het ‘n Jonway scooter gehad wat jy met sy afstand beheer die enjin kon aanskakel, kreatiewe mense bou dieselfde stelsels in hul motors en selfs moderne motor beskik oor die funksie.

CS ·

Left in gear and something went wrong with the starter circuit.

Sêmanet ·

Sy bene was seker te kort om heeltemal om te draai, toe val die fiets. Anders was hy al seker kilometers ver.

Tinker ·

Ek sou lekker lag as hy daar opgelig geword het, maar baie mense sou ook nie meer daar gebly het nie. Tog dis eenvoudig, geen spoke nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.