Video: Internet op hol oor ‘regte Transformer’

Die Transformer (Foto: Autoblog)

Die Transformer (Foto: Autoblog)

Die Turkse maatskappy, Letvision, het onlangs ʼn funksionele “Transformer” vervaardig, wat nes in die gelyknamige flieks, van ʼn motor verander in ʼn yslike robot wat nek-, hand- en armbewegings kan uitvoer.

Dié Transformer, wat gemaak is van ʼn BMW 3-reeks motor, werk met afstandbeheer in die motor- en robotfunksie.

Volgens Letvision kan dié robot sy kop 120˚ draai en ook praat deur middel van die afstandbeheer.

Hoewel die robot in motorfunksie nog nie op die ooppad kan ry nie, het Letvision gesê die funksie sal in die nabye toekoms bygevoeg word, aangesien die Transformer reeds ʼn elektriese enjin het.

Vier ander Transformers is ook deur die maatskappy vervaardig en word binnekort bekendgestel.

Dié robotte het elkeen kreatiewe name soos Bizmut, Argon, Wolfram en Tantal.

Die maatskappy het egter nog nie bekend gemaak wat só speelding jou uit die sak sal jaag nie en of dit enigsins vir die publiek sal beskikbaar wees nie.

Bron: Autoblog

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.