[Video] Is jy bang vir narre? Toets jouself só

Narre

Foto: Skermskoot uit die video

ʼn Vrees vir narre is nie ʼn nuwe verskynsel nie – daar is selfs ʼn naam daarvoor: coulrofobie. Dis nie ʼn woord wat in alle mediese boeke opgeteken nie, maar dit is beslis ʼn fobie wat bestaan.

Maar hoekom is mense so bang vir die harlekyn? Is dit die masker of grimering wat ʼn nar dra? Sommige mense sê dit lyk of narre iets wegsteek en dat dit nie natuurlik is om die heeltyd met ʼn glimlag te loop nie.

In ʼn onlangse onderhoud met Ollie die nar sê Ollie dat mense bang is vir narre omdat die oorsese rolprentbedryf narre graag in rillers gebruik en dat dié uitbeelding die verkeerde beeld oor narre skep. Ollie meen dis baie sleg as mense bang is vir narre, want narre is veronderstel om vreugde te bring, nie vrees nie.

Maroela Media het besluit om ʼn eksperiment te doen om te kyk of narre werklik soveel vrees kan uitlok. Ons het twee video’s van Ollie die nar gemaak: In die een video gebruik ons opgewekte musiek en mooi helder kleure, in die ander video gebruik ons swaarder musiek en vat so bietjie van die kleur weg. Is dit net die gebruik van die regte musiek en videotegnieke wat mense so bang maak, of wek albei video’s vrees by jou?

Laat weet ons in die kommentaar-blok watter emosies dié twee video’s by jou ontlok.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Se maar net ·

Nie een van die twee videos het veel emosie uitgelok nie. Die nar lyk heeltemal te vriendelik in die “donkerder” video om mens bang te maak ( as jy nie ‘n fobie het nie )
Ek het nie ‘n vrees vir narre nie. Die wat in die flieks gebruik word se grimering en pruike is ook heelwat anders as die vriendelike narre van die sirkus – dit maak vir my die grootste verskil

Morina ·

Menslike narre en harlekyne maak my nie bang nie, maar die poppe is n ander storie

Jackie ·

Die nar is nog reg maar die narre met die baie grimering en die groot neuse dat jy nie kan sien wie agter die grimering en neus wegkruip nie dis die ding wat mens bang maak

Chani ·

Kon nie eers die donker video kla kyk nie!!! Ekt n absolute vrees !!! Van klein af. Nie eers Nick Nacks chips geeet oor die nar wat op die pakkie was nie. Vir my gaan dit ek kan nie die persoon se “expressions” lees nie. En nog n paar redes te veel om om te noem. Ongelukkig nie al fobie nie.

Pappa Beer ·

Ek vertrou nie iets wat homself wegsteek nie. En ek sal NOOIT iemand vertrou saam met “boetie-beer” as hy n masker dra nie. Daar is genoeg “clowns” in die parlement as hy n “side-show” wil sien!

Elgeraine ·

Ek hou nie van narre nie, dis asof hulle iets probeer wees wat hulle nie is nie. Asof hulle jou wil ‘bespring’ van agteraf…. Lol:-D

Desiree Greeff ·

Van baba tyd af is ek doodbang vir narre. Daar was jare terug n advertensie oor bic penne van n nar wat op 2 penne balanseer. As ek daai ding gesien het was ek histeries. Ek is bang en hou nie van hulle nie punt. Lol

Gerrie ·

Nee wat. Geen verskil gemaak vir my nie. Het seker nie n vrees vir narre nie. Elke mens het seker sy unieke verse.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.