Video: Jakkals geniet banjo terdeë

Skermgreep uit die video

ʼn Video van ʼn man van Boulder, Colorado in die VSA, wat in ʼn woud vir ʼn jakkals banjo speel, maak opslae op sosiale media.

Die video is deur die kanaal “Good News Dog” op Instagram gedeel.

Andy Thorn het banjo staan en speel toe ʼn jakkals skielik verskyn en aandagtig begin luister het.

Thorn deel gereeld video’s op sy Instagram-profiel video’s en foto’s waar jakkalse na hom kom luister. Hy het al selfs vir hulle viool ook gespeel, maar hulle verkieslik klaarblyklik die banjo.

Thorn sê hy moet nou tevrede wees met jakkalse as ʼn gehoor, aangesien hy weens pandemie-inperkings nie meer konsert kan hou nie.

“Verbeel jou jy het nog nooit musiek gehoor nie, en dan hoor jy vir die eerste keer musiek!” het een persoon in die kommentaar geskryf. “Bravo!” skryf ʼn ander.

Die video is reeds meer as 10 miljoen keer gekyk.

 

View this post on Instagram

 

A post shared by Good News Dog (@goodnewsdog)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jan Maer ·

Wonder of dit sal werk om ‘n jakkals te roep in die Vrystaat?

Human ·

Dalk kan hy die parlementariërs in die SA parlement kom vermaak en hopelik hul aandag aflei, van die jakkalsstreke, waarmee hulle hulself besig hou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.