[Video] Jong buikspreker laat gehoor skater van die lag

Foto: Skermskoot uit die video

Foto: Skermskoot uit die video

Die vyfjarige Macey Hensley van Council Grove, Kansas, wat vroeër vanjaar ʼn gas op Ellen Degeneres se televisieprogram, The Ellen Show was, het onlangs weer ʼn draai op dié program gaan maak. Macey het aanvanklik bekendheid verwerf met haar ongelooflike kennis van Amerikaanse politiek, maar hierdie keer het sy haar nuwe “talent” vir Ellen gaan wys.

Buikspraak is Macey se nuwe stokperdjie en sy het reeds twee klasse daarin bygewoon. Die pop wat sy gebruik, is ʼn oulike replika van voormalige president, George W Bush. Die video laat mens skater van die lag en beklemtoon net weer die onskuld van ʼn kind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.