[Video] Jong seun speel dat die biesies bewe

Foto: Skermskoot uit die video

Foto: Skermskoot uit die video

ʼn Video van ʼn jong seun wat die “Fantaisie Impromptu” van Frédéric Chopin speel, is volgens sy pa se Facebook-blad meer as 48 192 keer gedeel en 1 037 491 keer gekyk.

Lydian Nadhaswaram van Chennai in Indië lyk of hy ʼn musiek-genie kan wees, want daar is verskeie video’s van hom wat tromme, kitaar en klavier speel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jennifer ·

Musiek is universeel, dis vir my jammer dat hier op ons dorp weinig kinders is wat musiek-les kry. Die skoolsport eis elke middag en in seisoen elke saterdag op.

SNEL ·

Wat n talent, jy het dit of jy het dit nie. Hy is briljant! Lesse is n bysaak vir die kind. Ek het klavierlesse gehad as kind, ek speel en geniet die klavier, maar ek lyk soos n beginner invergelyking met die knapie, hy het talent,……ek doen dit maar net in my binnekamer waar net my ore dit kan hoor. Die knapie gaan dit nog ver vat, sjoe hy is goed.

Ansie Geldenhuys ·

Uitstekend – dit is pragtig – goeie toekoms wag in die vorm van musiek vir hom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.