[Video] Jou slimfoon herken dalk binnekort voorwerpe

Foto: Unsplash/Pixabay

Foto: Unsplash/Pixabay

Google het verlede week aangekondig dat dié reus se jongste slimfone en ander digitale toestelle toegerus gaan word met die vermoë om mense en voorwerpe te herken.

Dit volg nadat Google sy planne aangekondig het om die Franse maatskappy, Moodstocks, aan te skaf wat dit moontlik maak vir dié digitale toestelle om voorwerpe te herken.

Moodstocks het die Amerikaanse reus se aandag getrek met die slim tegnologie in sogenaamde rekenaarvisie en masjienleer.

Google het ook kragte gesnoer met Movidius wat nog ʼn voorloper in dié tegnologie is.

Die reus is een van die maatskappye wat tans baie geld daarin belê om rekenaars te laat “verstaan” wat om hulle aangaan en waarmee mense besig is. Die maatskappy probeer veral kunsmatige intelligensie uitbou. Die maatskappy poog om produkte soos vertalingsdienste (“Google Translate”), wat op kunsmatige intelligensie staatmaak, deurgaans te verbeter.

Kunsmatige intelligensie en digitale toestelle se vermoë om voorwerpe te herken handel oor die verhouding tussen iets abstraks en die stimuli – dinge soos wie besig is om te praat en wat presies die persoon sê. Vervaardigers was nog nie in staat om “aanwysings” vir sommige take op slimfone te kodeer nie, en dié vermoë om dinge te herken gaan ʼn digitale toestel op dieselfde manier as die menslike brein laat funksioneer.

Vincent Simonet van Google Frankryk het gesê daar is egter nog baie om te leer wat rekenaarvisie betref. “Navorsers en ingenieurs verbonde aan Moodstocks gaan nou saam met Google werk om dié gaping te verklein.”

Simonet sê Google is maar een van vele maatskappye wat tans ondersoek instel na sogenaamde kunsmatige intelligensie soos slimfone.

Bron: Gadgets 360

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Opvoed ·

Dink net as ons jongmense wiskunde, wetenskap en rekenaartegnologie ernstiger opgeneem het en minder obsessief was met sport, meer soos die amerikaanse, europese en Oosterse lande, dan kon ons die tegnologie vinnig gebruik het om alarmsisteme te ontwikkel wat kon sien as n vermeende inbreker, verkragter of moodrenaar aankom. Dit kon gesigte erken, wapens optel. Dan kon ons onnelf verdedig het. Ongelukkig kan ons nou net rugby speel.

Lithop ·

Ek het nie geweet ons kan nog rugby speel nie! Gedog ons speel nou kwotapolitiek en die eiervormige bal dien as simbool van die eier in die gesig van politici, spelers en bestuurders want dit lyk noe asof die res van die wereld respek het vir hierdie nuwe nasionale sport nie.

Tim ·

Die mense wat iets van hulself maak in SA verlaat SA. Elon Musk en Mark Shuttleworth spring eerste op in my kop. Ek sou dieselfde doen as ek hulle was, dit gaan nog baie dekades wees voor ons land beskaafd is en die politiek meer stabiel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.