[Video] Jy kán ʼn vliegongeluk oorleef!

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

ʼn Vliegtuig is onlangs deur ʼn lugvaartingenieur ontwerp wat moontlik sal voorkom dat passasiers tydens enige vliegongeluk sterf.

Vladimir Tatarenko van Oekraïne het drie jaar lank aan sy ontwerp gewerk: hy het ʼn vliegtuig ontwerp waarvan die passasierskajuit van die stuurkajuit ontkoppel kan word.

Volgens sy ontwerp sal die passasierskajuit in ʼn noodgeval binne sekondes kan ontkoppel en met valskerms na die grond daal. Die ontkoppelde kajuit kan ook op water land, danksy opblaasrubberbuise.

Die vliegtuig sal egter nie ʼn terreuraanval oorleef nie en sommige persone het daarop gewys dat die strukturele integriteit van die vliegtuig ondermyn sal word.

Daar is ook nie ʼn antwoord verskaf wat met die vlieëniers sou gebeur nie.

Lees meer: Daily Mail, Mashable

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johan 2 ·

Baie oulik… vlieniers moet maar uitspring met n valskerm.

Cilliers ·

En daar’s mos outoloods, sodat die bemanning die vliegtuig veilig kan mik en dan saam met die passasiers ontkom!

Dee ·

Ek het twee vliegongelukke oorleef ; en was die vlieënier tydens albei insidente.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.