Video: Jy sal nie glo hoe die vrou ʼn TV steel nie

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Kringtelevisiebeeldmateriaal van ʼn vrou wat ʼn platskerm-televisiestel steel, maak opslae op sosiale media.

Die beeldmateriaal wys hoe die vrou die televisie vat, haar rok optel, die televisie tussen haar bene vasdruk en doodluiters uit die winkel stap.

Volgens verskeie berigte het die voorval verlede week in ʼn winkel in Lusaka, Zambië plaasgevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Liza ·

Hoe loop jy met n TV tussen jou bene vasgeknyp, sonder dat hy uitval?

PIXIE ·

Ja Peet ek stem saam. Goeie knypers definitief. Sy is seker nie oud nie want ek is 66 jaar oud en my knypers het nie meer GRIP nie. Lekker dag en groetnis.

Poppie ·

Ek het die storie ook so bekyk. Wraggies sy loop heel normaal. ‘n Punt sal voor en ‘n punt agter by my uitsteek, oor ek so maergat is. Voordeel van dik wees. Steel makliker.

George ·

Sy is vir niks bang nie. Let op sy het ook ‘n helper wat die aandag aflei. Winkeleienaars moet wakker slaap!!

AnslleVratte ·

Dis niks, julle moet sien hoe word die huise, en buitekamers leeg gedra as almal by die werk is.

PIXIE ·

Janine, jou ou karnallie, nou lag ek te lekker vir jou opmerking van al die “vasgeknypte shopping”. Jy het my dag gemaak. Dankie daarvoor.

Gielie-Namibië ·

Te lui om te werk, maar slim genoeg om skelm te wees. Sowaar as wat parra manel dra…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.