Video: Jy wil nie met dié ouma skoor soek nie

Ernestine Shepherd van Baltimore (Foto: Bored Panda)

Ernestine Shepherd van Baltimore (Foto: Bored Panda)

Die wêreld se oudste vroueliggaamsbouer het pas 80 jaar oud geword en jy wil beslis nie aan die verkeerde kant van dié ouma kom nie.

Ernestine Shepherd van Baltimore in die VSA het eers in die ouderdom van 56 liggaamsbou as sportsoort begin beoefen, maar het al verskeie titels ingeryg.

Sy het ook ʼn plek in die Guinness-wêreldrekordboek ingepalm vir oudste vroueliggaamsbouer ter wêreld wat nog aan kompetisies deelneem.

Shepherd skryf op haar webwerf sy is geïnspireer deur die akteur en liggaamsbouer Sylvester Stallone en sy Rocky-flieks.

Sy sê sy staan vroegoggend op en hardloop bykans 130 km per week. “Ek volg ook ʼn gesonde dieet soos eierwitte, groente en baie hoender. Maar die groot geheim is om nooit moed op te gee nie.”

Shepherd het onlangs ʼn boek bekendgestel met inligting oor fisieke en geestelike fiksheid: Determined, Dedicated, Disciplined: How to be Fit.

Besoek Shepherd se Facebook-blad of webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.