Video: Kaalvoet oor Lego-blokkies – ʼn nuwe wêreldrekord

Skermgreep uit die video

ʼn Man van Virginia in die VSA het ʼn ongewone en pynvolle Guinness-wêreldrekord verbeter toe hy kaalvoet oor ʼn 36 meter lange strook vol Lego-blokkies geloop het.

Russell Cassevah het sy skoene Sondag by die Chesapeake Montessori School uitgetrek om oor die los Lego-blokkies te loop. Die vorige rekord was 25 meter. Byna 160 kg Lego-blokkies is gebruik om die wêreldrekord te verbeter.

“As jy al ooit op een blokkie getrap het, dan sal jy ‘n idee hê hoe my voete voel!” het Cassevah gesê.

Hy het dié blokkies kaalvoet aangedurf om geld in te samel vir FairyBricks, ʼn Britse liefdadigheidsorganisasie wat Lego aan gehospitaliseerde kinders verskaf.

Cassevah se poging is by Guinness ingedien vir formele bevestiging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Andre ·

As hy dink kaalvoet oor lego blokkies is erg , moet hy hier by ons kaalvoet oor die straat kom stap……..

Oom Piet ·

Dis nog niks , ons ouma’s het kaalvoet oor die Drakensberge geloop.

Oom Piet ·

Dis nog niks , ons ouma’s het kaalvoet oor die Drakensberge geloop.

Nettie ·

Ek is morsdood …. Ek het diabetiese neuropatie in my voete en wil byna kraam as ek kaalvoet net op één piepklein klippie trap, wat nog te sê 36m op duisende Lego-blokkies trap!

Pieter ·

Enige ouer wat al ooit vroegoggend, half deur die slaap, in die gang loop en daardie verdomde blokkies uit die hel raakgetrap het sal weet wat hierdie ou reggekry het.

JoeV ·

‘n Ware held. Om in die nag op so blokkie te trap beinvloed nie net harmonie in die gesin nie maar ook soms onlus met die bure, drie uur in die nag. Mans kan nie stil op so blokkie trap nie, is soos doek omruil, alles gebeur onwillekeurig en spontaan. Daai gilletjies laan babas huil en honde blaf drie blokke ver!

JoeV ·

Sê jy! In hulle nooit alleen nie, daar waar jy trap om weg te kom, daar is drie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.