Video: Kaas laat baba ophou huil

Skermgreep uit die video

Byna almal is lief vir kaas – en hier is nog ʼn rede, selfs al is dit ʼn stukkie geprosesseerde kaas.

Kykers lag lekker vir dié kort video wat op Reddit gedeel is. Die video wys hoe ʼn baba huil en dan dadelik ophou huil sodra ʼn snytjie kaas op haar kop geplaas word.

Die video het reeds byna 2 000 uitgelok van kykers wat groot genot geput het uit die video.

“Ek kan nie ophou lag nie. Ek het geproes van die lag toe ek dit sien,” skryf een persoon. Talle meen die baba se gesigsuitdrukking is kostelik. “Dis asof sy wil sê, ‘het julle regtig sopas gedoen wat ek dink julle gedoen het?’”

Meeste reken egter dit is beslis nie die eerste baba vir dié gesin nie. “Eerste baba huil: bel die dokter, hardloop angstig rond. Tweede baba huil: Hier is ʼn stukkie kaas,” skerts ʼn ander gebruiker.

Verskeie meen ook hulle gaan dieselfde met hul babas probeer.

Cheese slice stops baby from crying from MadeMeSmile

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

anniekiewiet ·

‘n Nat waslap sou dalk dieselfde gedoen het. Dierbare gesiggie.

Zombie ·

Ek sien niks snaaks daarin om ń baba met kaas te gooi nie. Dit lyk of die baba geskok is deur die onverwagse gooi van die kaas teen haar kop. Sy het ophou huil van skok, nie van kaas op die kop nie.

Miets ·

Ek stem saam met jou. Daar is n hele paar sulke video’s op youtube. Dis nie nuut of snaaks nie. Baie ander maniere om n baba stil te kry.

Elinette ·

Dis doodgewoon die gevoel van iets wat op die kop geplaas word, naby die fontanel, wat die baba rustiger gemaak het. Aanraking maak die meeste babas rustig. Maar ek dink dié outjie het so groot geskrik, dat sy (of hy) sommer sy (of haar) huil weggeskrik het. Dis asof hy/sy sê: “What the ……….”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.