[Video] Kamera vang kleuters se middernag-kaskenades vas

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Dit was in die geanimeerde rolprent Toy Story waar kykers met die vraag gekonfronteer is: Het speelgoed ʼn geheime lewe wanneer mense die deur van die speelkamer toetrek?

ʼn Egpaar van New York is met dieselfde soort vraag gekonfronteer – nie oor speelgoed nie, maar oor die doen en late van hul eie kinders.

ʼn Videokamera wat bedoel was om die gesin se babaoppasser te monitor, het beeldmateriaal van Jonathan en Susana Balkin se tweelingseuns opgeneem en dié video versprei nou soos ʼn veldbrand op sosiale media.

In dié middernagtelike video kruip die tweejarige Andrew en Ryan uit hul babawiegies om vir ure lank te speel terwyl ma en pa rustig slaap.

Hulle speel eers op die bank en maak bollemakiesies voordat hulle kussings op die vloer pak om verder daarop te speel.

In ʼn stadium kom Jonathan in die kamer en sit die kinders terug in die wiegie en die kussings terug op die banke, maar etlike minute later klouter hulle weer uit die wiegie om verder te speel.

Die video is al meer as 65 miljoen keer op Facebook gekyk.

https://www.youtube.com/watch?v=ZCYHjc64Cv8

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Magda Roux ·

I love them!!! They are so so so cute!!Nice to see things like this rather and not crime!!! Well done twins and parents from New York!!!!!

Denise ·

Te oulik te veel energie lyk my en nou ja twee is n goeie span vir wakker bly terwyl ma en pa wil rus !!!!

Anica ·

My tweeling seuns is nou ses. Toe hulle so tussen twee en drie was het hulle ook in die nag opgestaan en gaan speel in die sitkamer of in hulle kamer. Ek het net agter gekom daar is n lig iewers aan. Dan speel hulle te lekker. En dan is dit nou n storie om hulle in die bed te kry.

Johan Fourie ·

Wys jou nou die twee se liefde vir mekaar,en die kussings.

Te vinnig ·

Dis jammer die opname is so vinnig gestel. Ek kon nie regtig sien wat die kaskenades is nie omdat als so vinnig is.

Cherokee ·

Julle is darem maar naief! Glo natuurlik in vader krismis ook.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.