[Video] Kan blinde mense teken?

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Tommy Edison, wat al sedert geboorte blind is, het besluit om siende persone se vraag te beantwoord: “Kan blinde mense teken?”

Tommy verduidelik in dié video, as iemand wat sy lewe lank nog blind is, is alles vir hom driedimensioneel. Dis dus vir hom baie moeilik om te verstaan hoe ʼn driedimensionele ding op ʼn tweedimensionele manier op ʼn stuk papier geteken kan word.

Hy probeer om ʼn kat te teken, ʼn motor en homself.

Dis interessant om te sien hoe hy merke op die papier maak om sy “plek” te hou, maar hy kan glad nie visualiseer waar hy die lyne getrek het nie, so alles verbind nie noodwendig aan mekaar nie.

Dis belangrik om te noem dat daar talle blinde kunstenaars is wat, ondanks die feit dat hulle nie kan sien nie, die mooiste kunswerke kan maak. John Bramblitt het byvoorbeeld nooit geskilder voor hy blind geword het nie, en hy is tans ʼn internasionaal bekroonde kunstenaar.

Tommy se grappige video’s oor sy blindwees is baie gewild op YouTube. Volg gerus sy kanaal Tommy Edison XP.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.