Video: Kangaroe hop vrou van fiets af

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Vrou van Canberra in Australië is vroeër die week deur ʼn kangaroe van haar fiets af gespring.

Die Sydney Morning Herald berig Bronwyn Calver (45) was Maandagmiddag op pad huis toe, toe ʼn kangaroe skielik teen haar vasgespring het en sy van haar fiets af geslinger is.

Drie motors het stilgehou en verbygangers het by Calver gewag tot ʼn ambulans opgedaag het. Sy moes steke kry vir ʼn snyplek op haar knieg en haar elmboog is ook beseer.

Die kangaroe was egter nie so gelukkig nie. Nadat hy Calver van haar fiets af gespring het, het hy oor ʼn reling gespring waar hy op ʼn ander pad deur ʼn motor doodgery is.

Calver het die voorval met ʼn Go-Pro-kamera, wat aan haar fiets gemonteer was, afgeneem en die beeldmateriaal op YouTube geplaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.