Video: Kanker-advertensie bring besige treinstasie tot stilstand

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Pendelaars in Stockholm, Swede is vroeër vanjaar vermaak met ʼn prettige interaktiewe sjampoe-advertensiebord wat wys hoe ʼn model se hare skielik opwaai wanneer die trein verbyry, maar nou laat dié advertensiebord hulle vir ʼn ander rede tot stilstand kom.

Barncancer Fonden, Swede se stigting vir kinders met kanker, het besluit om dieselfde advertensieborde te gebruik, maar hierdie keer om ʼn heeltemal ander boodskap tuis te bring.

Die advertensiebord is met ultrasoniese-sensors toegerus om te bepaal wanneer ʼn trein aankom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.