Video: Kankerpasiëntjies “sing” oor hul dapperheid

Screen Shot 2013-10-09 at 3.27.42 PMDie video volg onderaan die berig. Onkologie- en hematologiepasiënte by ‘n kinderhospitaal in Minnesota, Amerika, bewys in dié roerende musiekvideo hoe dapper hulle is.

Personeellede en kinderpasiënte by die University of Minnesota Amplatz Children’s Hospital het hul eie weergawe van Sara Bareilles se treffer, “Brave”, opgeneem. “Kyk na dié video wanneer jy nodig het om te besef wat eintlik belangrik is,” het een van die gebruikers op YouTube in sy kommentaar geskryf.

Bareilles het self op Twitter reageer: “Ek huil terwyl ek dié kyk. Dankie dat julle my inspireer, Amplatz Children’s Hospital.”

Die liedjie is met vergunning van Bareilles gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Marietjie Humer ·

Dit is geweldig goed gedoen en die mense is soos volmaakte filmsterre. Almal lyk so opgewek en dapper.
Dankie mense dat ons mmense hier buite weereens besef wat eitlik baie belangrik is in die ou wereld van mens wees en sonder dit en God is ons eintlik niks.
Liefdegroete

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.