Video: Kat onverwags saam met modelle op die loopplank

Foto: eunkyoungkoh, Instagram

ʼn Rondloperkat het onverwags sy verskyning gemaak tydens ʼn modevertoning in Turkye.

Die kat het saam met die modelle op die loopplank geloop en het spelerig na hulle bly gryp wanneer hulle verby hom gestap het.

Die Instagram-gebruiker hknylcn het aanvanklik ʼn video Vrydag op sosiale media gedeel, maar al hoe meer beeldmateriaal van die modevertoning is intussen gedeel.

Die voorval het tydens die 2018 Esmod Internasionale-modevertoning in Istanbul, Turkye plaasgevind.

Dit gee beslis ʼn ekstra betekenis aan die Engelse vertaling van ʼn loopplank, “catwalk”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Valerie ·

Ons noem dit nie verniet ‘n “catwalk” in Engels nie. Meow!

Elaine ·

Lyk nie vir my soos ‘n rondloperkat nie maar as hy wel een is het hy verseker nou ‘n huis. Slim kattekind!

RN ·

Een van die redes hoekom ek ‘n sagte plek vir Turkye het. Dis mense wat lief is vir hulle katte, selfs rondloper katte het ‘n goeie lewe. ♥️

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.