Video: Katte is glo slimmer as honde

‘n Video op YouTube, wat beweer dat hulle “absolute bewys” kan lewer dat katte slimmer is as honde, is reeds meer as 600 000 keer gekyk.

Die video, “Proof that cats are better than dogs”, is Woensdag deur die gebruiker BuzzFeedVideo op YouTube gelaai. Die video beweer dat katte ‘n bydrae tot die samelewing lewer, terwyl honde slegs “vensters lek”. Die geloofwaardigheid van die studie word egter bevraagteken en sommige persone skryf dit toe aan suiwer kat-propoganda deur die “Cat Army Propaganda Department”.

Kykers word gemaan om hul eie mening hieroor te vorm.

http://youtu.be/TyXJ1sAQtaY

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.