Video: Katte of honde? Wie wen die hindernisbaan-uitdaging?

Skermgreep uit een van die video’s

Dis ʼn debat wat al oor generasies heen betwis word: honde of katte?

Katliefhebbers voer aan daar is nie beter troeteldiere nie, en hondeliefhebbers sê honde is beslis die mense se beste vriend.

ʼn Uitdaging wat tans wyd op sosiale media gedeel word, bewys egter dat katte beslis katvoet is wanneer dit by hindernisbane kom.

Vir die uitdaging moet troeteldiereienaars ʼn hindernisbaan in die huis bou waardeur elke dier moet beweeg. Die hindernisbane word sommer met gewone artikels uit die huis opgestel – sjampoebottels, roombottels, selfs skottelgoedwasseep. Die diere moet dan deur die hindernisbaan beweeg sonder om enigiets om te stamp.

Dit klink dalk eenvoudig, tot jy die grappige resultate sien. Een van die video’s is al meer as 8,2 miljoen keer gekyk.

Nie alle katte is egter ewe suksesvol nie en sommige is net so lomp soos die honde:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Nell ·

Sigmund Freud het gesê ”Time spent with cats is never wasted” – maar ag kom ons voeg maar ”dogs” ook by. :)

Fae Fubar ·

Hierdie tipe video’s maak ‘n mens se hart bly en lig die wêreld van jou skouers af. Dankie, Maroela Media. Ek het net een van die video’s op ‘n ander platform gesien en nou kon ek nóg lekkerder lag.

Nella ·

Ek gaan dit beslis nou met my 2 viervoet kinders probeer. Dink woefkid gaan oor dit stoomroller…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.