Video: Keer só dat staaldraad kinkels maak

Foto: Pixabay, Republica

Foto: Pixabay, Republica

As jy al in jou lewe met groot rolle staaldraad gewerk het, sal jy die krisis verstaan wanneer die draad kort-kort kinkels maak. ʼn Boer van Geysdorp in Noordwes, het nou die eenvoudigste manier bedink om dié penarie te verhoed en dit sal jou boonop nie ʼn sent kos nie.

Willem Pretorius het die video met Landbou gedeel waarin een van sy werkers draad uit die grond trek.

Dié boer grawe net ʼn gat in die grond, gooi die rol draad in en gooi dit weer toe.

“Jy trek dan net die punt en hy rol lekker af sonder om kinkels te maak,” verduidelik hy. “Jy sal nooit weer sukkel met draad wat in allerhande rigtings gekoek is nie.”

Dié metode is so maklik om draad af te rol, dis moeiliker om die “Drie rolle doringdraad”-rympie op te sê!

Bron: Landbou

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

sampie ·

Ou nuus. As ou kalahari boer het ons die rol draad op ‘n rol gesit en dit dan so afgerol. Die begrawe
metode het later gekom. Het honderde myle draad gespan, weet waarvan ek praat

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.