[Video] Kersfeesadvertensie laat jou verlang

Skermskoot uit die advertensie

Skermskoot uit die advertensie

John Lewis, ʼn kettingwinkel in die Verenigde Koninkryk, se Kersfeesadvertensie laat jou verlang na geliefdes wat dalk ver is.

Dit is die verhaal van ʼn jong meisie, Lily, wat deur ʼn teleskoop na die maan kyk. Een aand sien sy vir die eerste keer ʼn man op die maan raak!

Sy hou dop hou hy sy dagtakies eensaam afhandel en raak vasbeslote om ʼn boodskap na hom te stuur, sodat hy kan weet iemand dink aan hom.

Die advertensie is binne twee dae reeds byna 6 miljoen keer op YouTube gekyk.

Die liedjie is “Half the world away”, oorspronklik deur Oasis, en dit word uitgevoer deur Aurora.
Kry die liedjie op Apple Music of iTunes.

Jy kan ook ʼn verwante app aflaai waar jy interaktief met ʼn maan-plakkaat kan speel, daagliks nuwe feite oor die maan kan leer en selfs ʼn speletjie kan speel om te kyk of jy self ʼn voorwerp tot by die maan kan kry.

https://youtu.be/wuz2ILq4UeA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

SNEL ·

Oe, dis n tranetrekker video die, my kleenexboks was te klein. So hartseer en dis nogal waar, hoeveel oumensies is nie stoksielalleen oor die Kerstyd nie…ek huil sommer weer. Puik advertensie, absoluut uit die boeke uit.

Lydia ·

Dis so mooi! Laat mens net weer besef hoe gelukkig ons is om familie en vriende te he. Ons kan party dae so ondankbaar wees.

Grotman ·

Kan iemand my asb die gps cordinates gee want ek vind nie die maan man nie. Al wat ek vind is Zuma se nuwe nkandla wat daar gebou word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.