Die video volg onderaan die berig. Die lugredery WestJet in Kanada het Sondag ʼn video vrygestel nadat hulle aan elke passasier se Kerswens voldoen het.
WestJet het ʼn elektroniese Kersfeesvader in die eindpuntgebou by Hamilton- en Toronto-lughawens installeer. Die passasiers het terdeë met dié Kersvader gesels en al hul Kerswense aan hom openbaar.
Terwyl die vlug onderweg was, het die span van WestJet al die inkopies gaan doen, van “onderklere en sokkies” tot ʼn “grootskerm-televisiestel”.
Die passasiers het geduldig by die bagasietoonbank staan en wag totdat die geskenke, in plaas van hul bagasie, opgedaag het.
WestJet het verlede jaar met ʼn kitsskare (flash mob) van 150 vrywilligers passasiers verras met danspassies en Kerskouse met splinternuwe iPods.
Wow!!! Die sal nooit in SA gebeur nie. Die mense van die lugrederye verryk net hulself.