Video: Kinderlose egpaar kry vyf babas binne een jaar

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Sarah en Andy Justice ʼn kinderlose egpaar van Tulsa in Oklahoma, Amerika, het gebid vir ʼn baba, en binne een jaar vyf kinders gekry.

Hulle het gesukkel om swanger te raak en het uiteindelik ʼn drieling aangeneem, maar Sarah het kort daarna uitgevind sy is swanger met ʼn tweeling.

Die tweeling, Abigail en Andrew, is nou agt weke oud en die drieling, Joel, Hannah en Elizabeth is nou nege maande oud. Die egpaar maak 84 bottels per week en maak weekliks 300 doeke skoon. Die probleem is ook om te onthou wie is wie. Hannah en Elizabeth se toonnaels word glo verskillend gekleur, maar hul voete is altyd bedek in die winter. Nou word die pienk strikkies op hul kop aan teenoorgestelde kante vasgemaak.

Sarah en Andy moet klaarkom met ongeveer drie ure slaap in die aand, maar Andy sê dis darem nie elke aand nie.

“My man sê ons hele lewe draai nou om babas, maar dit is iets wat ons so lank wou gehad het, ons is mal daaroor!”

Visit NBCNews.com for breaking news, world news, and news about the economy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.