[Video] Klein boekwurm in trane sodra boek eindig

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Video van ʼn babaseuntjie wat in trane uitbars elke keer wanneer ʼn storieboek tot ʼn einde kom, is die afgelope week reeds meer as drie miljoen keer op sosiale media gekyk.

In die video kan gesien word hoe ʼn ma vir haar babaseuntjie uit sy kinderboekies voorlees, net sodat hy elke keer hartstogtelik begin huil wanneer sy die boekie toemaak en sê “die einde”.

ABC News berig hierdie klein boekwurm is die tien maande oue Emmett Stevers van Michigan in die VSA. Sy ma, Alicia, het aan die nuusagentskap vertel klein Emmett begin al vir die afgelope maand huil elke keer wanneer hulle aan die einde van ʼn boek kom. “Ons weet nie regtig hoekom hy huil nie, maar dit lyk asof hy eerlikwaar net nie wil hê ons leestyd moet ophou nie. Hy is ʼn baie gelukkige seuntjie en raak byna nooit ontsteld nie,” het Alicia gesê.

Volgens Alicia laat sy en haar man nie vir Emmett toe om met enige raakskerm-toestelle of tabletrekenaars te speel of televisie te kyk nie aangesien dit vir hulle belangrik is om ʼn liefde vir lees en eenvoudige maniere van speel by hom te kweek. “Hy het boeke regoor die huis en raak nooit moeg daarvoor nie,” het sy gesê.

Kyk die video van die skattige lesertjie hier:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

E.K. ·

Baie oulik en wys net hoe belangrik aandag is! Ek glo die knapie gaan self van lees hou en goed presteer eendag. Het vir myne ook van fopspeendae gelees en ja, my dogter is gek oor lees en is op Tuks se ererol en spog vandag met ‘n Meestersgraad.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.