Video: Kleuter eet rou uie soos appels

Screen Shot 2013-09-01 at 1.42.00 PMDie video volg onderaan die berig. ‘n Pa van Rusland het ‘n video op YouTube gelaai van sy dogtertjie wat rou uie soos appels eet.

Dmytro Kulagin het die video al in 2012 opgelaai, maar die video het onlangs weer op sosialemedia-kanale gewild geraak. Selfs ná ‘n paar happe en trane hou sy nie op om die ui te eet nie.

“Ons het haar regtig nie gedwing om die ui te eet nie,” het Kulagin aan bekommerde kykers gesê. “Sy was 18 maande oud toe die video geneem is. Sy het ‘n paar happe gevat en uiteindelik opgehou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Les ·

Ai dis vreeslik maar lyk darem of sy dit geniet…of nie…self nie seker nie!

Amy ·

Ah siestog, die uie-trane loop, maar sy eet!!!
Gaan seker eendag die uie-skil-kampioen word…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.