Die video volg onderaan die berig. ‘n Pa van Rusland het ‘n video op YouTube gelaai van sy dogtertjie wat rou uie soos appels eet.
Dmytro Kulagin het die video al in 2012 opgelaai, maar die video het onlangs weer op sosialemedia-kanale gewild geraak. Selfs ná ‘n paar happe en trane hou sy nie op om die ui te eet nie.
“Ons het haar regtig nie gedwing om die ui te eet nie,” het Kulagin aan bekommerde kykers gesê. “Sy was 18 maande oud toe die video geneem is. Sy het ‘n paar happe gevat en uiteindelik opgehou.”
Ai dis vreeslik maar lyk darem of sy dit geniet…of nie…self nie seker nie!
Ah siestog, die uie-trane loop, maar sy eet!!!
Gaan seker eendag die uie-skil-kampioen word…