Video: Kleuter se stokmannetjie-kostuum ‘n internetsensasie

stokmannetjieDie video volg onderaan die berig. Royce Hutain van Huntington-strand in Kalifornië, Amerika, se Halloween-kostuum vir sy kleuter met LED-liggies in die vorm van ʼn stokmannetjie het nou ʼn internetsensasie geword nadat hy dié video op YouTube gelaai het.

Hutain se dogter, Zoey, is nou 22 maande oud en sy is glo dol oor haar kostuum. Die video is binne twee dae reeds meer as 1.1 miljoen keer gekyk.

Hutain het al soortgelyke kostuums vir sy vriende, wat sneeuplank ry, gemaak. Klik hier om ʼn video van dié kostuums te sien.

Tydens ʼn onderhoud met CBS het honderde persone glo ingeskakel en versoek dat Hutain die kostuum moet verkoop. “Ek het nie tyd om geld hieruit te maak nie, maar ek sal mense wys hoe om dit te doen,” het Hutain gesê. “Ek sal graag ander mense se video’s wil sien!”

Hutain sal glo binnekort ʼn video met instruksies oplaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.