[Video] Kleuters ʼn internetsensasie ná hulle pa se onderhoud kelder

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

ʼn Skreeusnaakse video, waarin ʼn politieke kenner tydens ʼn regstreekse Skype-onderhoud met BBC oor die vervolging van die Koreaanse president praat, doen die ronde op sosiale media nadat sy skattige kinders toegang tot die kantoor gekry het en behoorlik die aandag op hulself gevestig het.

Prof. Robert Kelly van die Pusan Nasionale Universiteit, ʼn kenner in Koreaanse politiek, moes hom omtrent inhou toe sy kleuterdogtertjie skielik tydens die regstreekse uitsending by die deur inbars, gevolg deur haar bababoetie in ʼn loopraam.

Kelly was in die middel van ʼn onderhoud met BBC oor die vervolging van pres. Park Geun-hye toe die voorval plaasgevind het.

Dit is egter die paniekbevange optrede van Kelly se vrou wat duisende internetgebruikers op hol het.

Die vrou kom by die kantoor ingestorm om die kinders gou daar weg te kry. Die deur, wat intussen toegeslaan het, maak die situasie selfs meer ongemaklik en die man moet bontstaan tot die vrou eindelik die kinders uit die kantoor het en na die deur “kruip” om dit toe te maak.

Kelly vra dan weer om verskoning voor hy weer met sy onderhoud voortgaan.

Bron: Telegraph

https://youtu.be/Wt-DXzqD74Q

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Lani ·

Die beste is as die baba in die loopring ook agterna aangesuiker kom, oe jinne ek het gelag. Te ougat.

evsbest ·

Hahahaha dis so snaaks. Dink nie die pa het dit so koel hanteer na die onderhoud nie…. Hoop hy koel gou af.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.