
Foto: Stower
ʼn Nuwe projek op die skarefinansieringswebwerf Kickstarter is dalk net die antwoord op jou beurtkragprobleme wanneer jy onkant gevang word met ʼn pap selfoonbattery.
Stower het dié kerskraglaaier vir selfone ontwikkel. Al wat jy benodig is die kers en water om USB-krag op te wek vir jou selfoon.
Die projek se teiken van $30 000 is reeds behaal, en die projek gaan dus voort. Die kerskraglaaiers sal na verwagting in Desember 2015 uitgestuur word. Jy het nog tot 28 Augustus om aan die projek deel te neem, maar daar is slegs ʼn beperkte hoeveelheid beskikbaar. Een kerskraglaaier is beskikbaar teen $65 (handelsprys sal na verwagting $99 wees).