Video: Kobra drink water uit ʼn bottel

Skermgreep uit die video

ʼn Video waar ʼn man ʼn kobra uit ʼn bottel laat water drink, word weer wyd op Twitter gedeel, byna drie jaar ná dit vir die eerste keer aanlyn gedeel is.

Die ou video het Dinsdag weer begin versprei toe die Indiese bosboubeampte Susanta Nanda dit gedeel het.

In die kort video hurk die man – glo ʼn bosboubeampte – voor ʼn slang met ʼn plastiekwaterbottel in sy hand. Hy hou die bottel skuins sodat die slang die water kan drink. Die slang is klaarblyklik baie dors en drink gulsig aan die water.

“Liefde en water, die twee beste bestanddele van die lewe,” het Nanda gesê toe hy die video gedeel het.

Die video is reeds meer as 10 300 keer gekyk met talle kommentare. Talle gebruikers het die beampte geloof vir sy dapperheid en empatie om ʼn gevaarlike slang te help.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Anoniem ·

My magtig. Nee wat. Ek sou ‘n ander plan maak maar om so naby ‘n slang te wees is nie vir my nie, dankie!

Nell ·

Hmmm…Ek hoop die slang het onthou om nie die hand te byt wat hom gevoed/laat drink het nie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.