[Video] Koedoe trek kameelperd plat by dieretuin

Skermgreep uit die video

Gesinne by die Rotterdam-dieretuin in Nederland het bietjie nader kennis gemaak met die natuur as gewoonlik, toe ʼn koedoe ʼn kameelperd in een van die hokke aangeval het.

Die koedoe val die kameelperd aan en kry deurgaans die oorhand wanneer die kameelperd weer probeer om regop te kom.

Die skare het op ʼn brug gestaan en kyk en in die video kan gehoor word hoe kinders skree toe hulle sien wat besig is om te gebeur.

Die video eindig waar die verskrikte kameelperd uiteindelik van die koedoe wegkom en weer by sy maats aansluit.

‘n Woordvoerder van die dieretuin het aan plaaslike media gesê hulle is geskok oor die koedoe se gedrag, maar die kameelperd het gelukkig net geringe beserings opgedoen.

Rotterdam-dieretuin is 160 jaar oud en een van die oudste dieretuine in Nederland.

Hier volg twee video’s van die voorval:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Steve Stephansen ·

Daardie koedoe is kapabel en val enige iets aan. Biltong is sy voorland, anders gaan hy ander diere beseer, en dalk nog sy eie dieretuin mense….ek sou ook mal geword het as jy my so in aanhouding hou…..

Veritas ·

As die bok, op die foto, ‘n kodoe is, is my naam Klaas Vakie. Iemand wat nie weet hoe ‘n koedoe lyk nie moet liewer nie oor diere skryf nie.

Solty ·

Nou wat dink jy is dit? Vir my lyk dit maar na ‘n redelike koedoe.

madels ·

Ek wonder of daai Koedie gefrustreerd is, hulle kan nogal baie teriroriaal wees, so miskien het hy dalk sy omgewinge gemerk en die arme kameelperd het daar per ongeluk ingeloop of een van die koedoe ooie is op hitte en die kameelperd het dalk te na aan haar gekom… Koedoes het baie ooie in hulle harem

Bosveld ·

Nou verstaan ek hoekom die bok so te kere gaan. Hy weet nie wat hy is nie. Die dieretuin moet vir die bokke Google kry. As jy lyk soos ñ koedoe, horings krul soos ñ koedoe, dan is jy ñ koedoe. Glo my as jy gaan jag, daar is prys verskul tussen Koedoe en Njala bok.

Leeutjie ·

Bosveld ek het myself nou in die bosveld ingelag!! Jy het so pas my Maandag gemaak!!!!

Nie die HAT nie ·

In die eerste video is die opskrif “Deer vs Antelope” – is dit korrek? Ek weet die koedoe is ‘n antelope, maar die kameelperd ‘n deer???

Hartseer ·

Beslis frustrasie, klein area, goor weeer 80% van die tyd – hulle verlang na Afrika….

VanAfrika ·

As jy n Suid Afrikaner is en jy weet nie dat dit n Kudu bul is nie, is jy nie n Suid Afrikaner nie. Ons was onlangs by Dikololo vakansie oord, die zebras en kudus is so mak hulle kom eet uit jou hand uit. en daardie kudu bulle lyk presies soos die kudu bul op die foto.

Foetie ·

Daai Koedoe is gatvol en gevaarlik, beter hom maar omskakel in n paar gesonde etes ten bate van die die dieretuin fonds.

Nick Wheeler ·

Koedoe bul dalk het sy naam verander sonder on ons in te lig

aaai ·

koedoe en nyala is n moerawiese verskil, en ek wil nou nie skinner nie ma dit lyk vir my ook na die koedoe kalant. dis net vir my skokkend dat die diereryk ook nou begin verander, die kameel kan bly wees die koenala is plant vreters…..of is hulle nog???? nee wat ek gee op kan ek vlug kry eenrigting na mars asb….

Trots Afrikaans ·

Dit is ‘n Koedoe. Vra ons Suidwesters. Ons weet hoe hy lyk en proe…..

Njala bul lyk soos ‘n Koedoe met ‘n jas. Ons Suidwesters het nie jasse nie en ook nie Njalas nie.

Hehehe

Lekkergelag ·

Waar is die veeartseny-kundiges…..?
Kan daar hondsdolheid in Nederland voorkom.? Ek glo daar sal heelwat eekhoringkies wees wat die hele dieretuin vol rond skarrel, wat baie maklike draers en verspreiders kan wees.

Die koedoe se aanvallende optrede is nie normaal nie. Dit lyk of daar ‘n koedoekoei ook rondhardloop, so hy kan van sy “frustrasies” ontslae raak. As dit nou ‘n enkele elandbul is waarmee hy gestoei het, sal ek dit nog kan verstaan.
Die kameelperd se onderonsie maak nie lekker sin nie…….?? Wat ek kon uitmaak is die kameelperd ook n koei….?

Baie interessante voorval.

Voorlaaier ·

Mmm….daai koedoe sal mooi lyk in my biltong kamer!..

Marisa ·

Dis vir seker ‘n koedoe! ‘n Nyala se horings maak net een draai en groei dan regop, en het witterige punte.
Ek hoop hulle doen iets omtrent hierdie aggressiewe bok – hy hoort nie in dieselfde kamp as ander diere nie.

kallie ·

Stem Marissa, Beslis `n Koedoe .Horings verskil van Njala verdere verskil op lyf ook.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.