Video: Koning Leeu wil self bestuur!

Skermgreep uit die video

ʼn Video van ‘n leeu wat in ʼn voertuig klim en speels met die toeriste kennis maak, word wyd op sosiale media gedeel.

Die beeldmateriaal, wat in ʼn safaripark in Vilnohirsk, Oekraïne, verfilm is, wys hoe die leeu, genaamd Filya, oor die toeriste klim, knus teen hulle gaan sit en hulle selfs lek. Die leeu het die eienaar, Oleg Zubkov, ook toegelaat dat hy hom oor die kop vryf.

Die voorval het plaasgevind net weke ná ʼn vrou deur ʼn ander leeu in dieselfde park, Taigan-safaripark, beseer is. Olga Solomina (46), van Rusland, is beseer toe die leeu Viya haar aan haar arm gebyt het. “Toe ek weer sien, was ek reeds in die hande van die park se personeel wat my gehelp het,” het sy aan The Sun gesê. Volgens haar het Zubkof haar gehelp om die wond te verbind en haar daarna na paramedici gehaas.

Zubkov het gesê hy het nie besef Solomina het alkohol gebruik voor sy die leeus in hul hok besoek het nie. “Sy het die leeu se maanhare gevryf. Vitya het nadergekom en haar toe aan haar arm getrek. Sy het geweet dit is ʼn gevaarlike perseel.”

Aldus die Sun het Zubkov “ʼn merkwaardige rekord” wat betref die makmaak van leeus en hou vol gaste is veilig as hulle sy raad volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Susan ·

Sou eerder sê dis ‘n leeu en nie ‘n video wat self wil bestuur nie?!

apie ·

Malligheid. Ek het nog respek vir wilde diere en gesonde verstand

Laurika ·

Sjoe, daai leeu sou my eers moes afspoel voor hy my kon eet.

Leser ·

Ja nee. It’s all fun and games until someone loses an arm!

alida ·

Mense leer nie. Wild is wild!!!!!!!!Daar bestaan nie iets soos ‘n mak leeu nie. Gebeur daar iets dan moet die leeu seker doodgemaak word want die mens het iets verkeerd gedoen. Die leeu doen wat in sy natuur is en sal jou doodbyt en opeet sonder enige skroom al het jy as welpie grootgemaak. Kry vir julle.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.