Video: Kostelik! Kyk baba se reaksie toe sy truuk regkry

Skermgreep uit die video

Hierdie video is dalk die oulikste inskrywing in die uitdaging om ʼn bottel ʼn bollemakiesie te laat maak.

In die uitdaging (die sogenaamde “bottle flip challenge”) moet deelnemers ʼn video deel waar hulle ʼn plastiekbottel op só manier gooi sodat dit regop land.

Rachel Marie Baheza het in April ʼn video op Facebook gedeel van haar dogtertjie wat dit per ongeluk regkry om die bottel regop te laat land en haar uitdrukking is te kostelik!

Maande later word die video nou weer wyd op sosiale media gedeel in ʼn tyd waar meeste mense ʼn glimlag nodig het!

In die video sit die dogtertjie, Lylah Rae, op die vloer wanneer iemand ʼn bottel na haar toe gooi. Sy lag en sonder dat sy na die bottel kyk, tel sy dit op en draai die bottel op sy kop. Die gesin se uitroepe van verbasing kan gehoor word, maar die uitdrukking op Lylah se gesig is te kostelik.

Die voormalige Amerikaanse basketbalspeler Rex Chapman het Donderdag weer die video op Twitter gedeel. “Ek het dit vandag nodig gehad,” skryf hy in die plasing. Rex se video is reeds byna 1 miljoen keer gekyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.