Video: Krokodil gryp jagluiperdwelpie

Skermgreep uit die video

Beeldmateriaal uit Suid-Afrika van die oomblik waar ʼn jagluiperd skielik deur ʼn krokodil oorval en in die water ingesleep word, maak opslae op sosiale media.

Die video is geneem deur Busani Mtshali, ʼn gids by die &Beyond Phinda- privaat wildreservaat, berig die Daily Mail.

Die jong welpie staan en suip by ʼn watergat, onbewus van ʼn krokodil wat in die water skuil. Die krokodil verskyn dan skielik uit die water en sleep die welpie in die water in.

“Dit is baie hartseer,” sê die gids in die video. “Daar is niks wat ons kan doen nie, want die krokodil het die jagluiperd oorval toe hy water wou suip.”

“Op ʼn safari vir WildEarth, het die &Beyonda Phinda-gids Busani Mtshali op ʼn jagluiperdwyfie en haar twee welpies afgekom,” het WildEarth.TV op Facebook gesê toe hulle die video gedeel het. “Toe die klein mannetjie die watergat nader om water te suip, het Busani ʼn krokodil daar naby opgemerk. Wat volg is hartseer en moeilik om na te kyk. Die natuur kan soms erg wees en moeilik om te verstaan. Alhoewel ons wens sulke tonele het ʼn gelukkige einde, het elke dier sy rol om te speel in die voedselketting, selfs die krokodil.”

Die video maak groot opslae op sosiale media en is reeds deur miljoene persone gekyk op verskillende platforms.

Nylkrokodille is die grootste krokodilspesie in Afrika. Hulle is baie aggressief en het ʼn uiters kragtige byt.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.