Video: Krokodil is baas op dié plaas

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Die gebruiker Kruger Sightings het ʼn video op YouTube gelaai van ʼn krokodil wat ʼn groep wildehonde se prooi afneem.

Die groep wildehonde staan verbaas en toekyk toe die krokodil skielik verskyn en die rooibok wegsleep.

Die video is deur ene David aan Kruger Sightings gestuur en hy het dit op die Olifantsbrug in die Krugerwildtuin verfilm.

Kruger Sightings laai gereeld interessante natuurvideo’s op sy YouTube-kanaal.

Waarskuwing: Die groep wildehonde verskeur die rooibok aan die begin van die video. As sulke natuurtonele jou ontstel, raai ons jou af om die video te kyk. Of begin die video op 0:25 wanneer die krokodil sy verskyning maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

tina ·

he-he..moet vir my een aanskaf..sal die hienas op ‘n afstand hou..miskien in die waterdammetjie langs die huis..moet net uit ‘figure’ hoe om hom te beheer anders is ek sy kos…:)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.