Video: Kunswerk in rommelhoop versteek

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Bernard Pras se kunswerke lyk aanvanklik net soos ʼn rommelhoop, totdat jy uit die regte hoek daarna kyk.

Pras, ʼn skilder, fotograaf en beeldhouer van Frankryk, het meer as 20 jaar lank gewerk om sy kuns te vervolmaak.

Die ware kunswerke is in die rommel versteek: wanneer mens uit ʼn enkele perspektief daarna kyk, sien jy uiteindelik die bekende skildery of beeld raak.

Hy gebruik plastiekafval, bokse, sakke, poppe, speelgoed, musiekinstrumente, huishoudelike ware en enigiets wat die regte kleur of tekstuur het waarna hy op soek is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.