[Video] Kyk agter jou!

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

As daar een ding is wat dié video jou leer, dan is dit om nooit jou rug op ʼn wilde dier te keer nie.

ʼn Seuntjie het byna ʼn noue ontkoming met ʼn leeu by ʼn dieretuin in Japan gehad, maar die leeu het hom misgis met die glasmuur van sy hok. Die oomblik toe die seuntjie sy rug op die leeu keer, het die leeu hom bestorm.

Die seuntjie gee ʼn paar tree terug van skok, maar dit wil voorkom of hy nie té groot geskrik het vir dié wilde dier nie.

Die glaspanele is in April by die dieretuin in Chiba opgesit, sodat besoekers en die diere mekaar van nader kan beskou.

Die leeu weeg meer as 180 kg en die seuntjie sou nie ʼn kat se kans gestaan het in die natuur nie.

Volgens bewaarders in die dieretuin reageer die leeu glo gereeld op ʼn soortgelyke manier wanneer hy klein kindertjies sien, en hulle vermoed hy wil maar net met hulle “speel”.

Die oorspronklike beeldmateriaal is byna 3 miljoen keer op YouTube gekyk.

https://youtu.be/Dd4SPq6VvUo

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Rikku ·

Speel ?????? Nie ‘n Leeu nie. Hy sou die Kleintjie opgevreet het.
Leeus speel nie met mense nie.

Karma ·

Was dit ek, was my doek baie bruin na dié insident …. Dankie tog vir die muur van veiligheidsglas! En ek stem saam, Rikku – leeus ‘speel’ nie nie met mense nie; hulle vreet hulle op!

Gesiggie ·

Grote Griet… nee ek sal nie daai glas venster trust… daai arm seuntjie, lyk soos n dwergie teen daai leeu?? Hier kietsie kat…. nee wat” jy draai nie jou rug… maar al het jy voor jou gekyk, was jy dalk nogsteeds maalvleis… with a raincoat, without rain, i would have been sopping wet….(^_^)”””’

Karin Bloem ·

Na my mening is dit wreed om die leeu toe te laat om die mense te kan sien. Dit moet baie stresvol wees vir die diere. Sy instink is om te bekruip en aan te val, veral as die prooi jonk en kwesbaar is. Dit lyk vir my of hy reg maak om te storm net voor die seuntjie omdraai. Dis ontstellend.

charlene ·

Ag moeder ma. Ek is seker die groot oom leeu wou maar nietjie bietjie speel…… Jy moet dom wees om dit te glo. Ek persoonlik sou myself net daar en dan so bietjies, bietjies natgemaak het. Mens is maar te dankbaar vir daai glas, maar die dieretuin moet dalk dit oorweeg om die glas gereeld te inspekteur net die die wis en omwis.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.