Spandeer jy dalk te veel tyd op sosiale media? “Look Up” is ʼn video wat die kykers ʼn les leer deur ʼn liefdesverhaal.
Volgens Gary Turk, draaiboekskrywer, spandeer ons so baie tyd om dit vir ons makliker te maak om met ander te kommunikeer, maar dalk veroorsaak dit dat ons al hoe meer alleen is.
Turk dra die stuk voor in die video.
Die video is die afgelope 10 dae reeds byna 10.5 miljoen keer op YouTube gekyk.