[Video] Kyk die troetelvissie!

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

As mens dink aan ʼn behoorlike troeteldier, is ʼn vissie nie noodwendig die eerste ding waaraan jy dink nie – hulle kan tog nie “vertroetel” word nie.

Roland Giroux se sikliede-vissie is egter nie jou gewone vis nie: sy wag elke dag in die hoek van die tenk totdat hulle terugkom van die werk af, en sal gefrustreerd die water begin spat as hulle haar nie vertroetel nie.

Roland steek sy hand in die tenk en begin haar lyfie te masseer, voor sy wegswem en dan rustig terugswem vir nog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

anet ·

Hierdie troetelvisse is alte oulik en baie spesiaal. Dankie Maroela dat julle sulke oulike video’s moet ons deel. Die video van Bowie is ook baie oulik

Sune van Heerden ·

Dagsê Anet,

Dit is darem lekker om so af en toe tussen al die slegte nuus ook te kan glimlag!
Ek hoop jy kuier sommer baie lekker verder op Maroela!

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Elanie ·

My dogter speel so met haar goudvisse, hulle is mal daaroor om deur haar vingers te swem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.