[Video] Kyk hoe briekdans dié gorilla

‘n Skermskoot uit die video

ʼn Video van ʼn gorilla van die Dallas-dieretuin in Texas wat in ʼn plastiekswembadjie sy briekdansvaardighede wys, is al meer as twee miljoen keer op YouTube gekyk.

Dié gorilla, genaamd Zola, is die einste dier wat in 2011 duisende harte verower het toe hy as jong gorilla in ʼn plas water reeds met sy dansvaardighede gespog het. ʼn Video hiervan is meer as vier miljoen keer gekyk.

Ashley Orr, ʼn werknemer by die Dallas-dieretuin, het vandeesweek gesê daar skuil egter baie meer agter die gorilla se danspassies as wat lede van die publiek oor die algemeen mag dink.

Orr sê dié swembad waarin die gorilla dans, is maar een van talle items om die gorillas se lewe in die dieretuin te verryk.

Volgens die Association of Zoos & Aquariums word die verryking van diere se lewe gedefinieer as ʼn proses wat verseker dat die diere se gedrags- en fisieke behoeftes nagekom word. Dié organisasie sê verryking help om die omgewing én die lewe van diere te verbeter deur hulle geestelike en fisieke stimulasie te bied wat gesonde gedrag verhoog.

ʼn Verrykingsitem word op grond van die spesie gekies, en kan byvoorbeeld ʼn bal, ʼn swembad of selfs net ʼn spieël wees.

Sy sê dit is verder belangrik vir alle dieretuine om sulke items te hê om sodoende na die welstand van diere om te sien.

Kyk die nuwe video hier. Kyk ook die oorspronklike video.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

amvi ·

Zola behoort buite in die natuur te wees en ware waterstrome te kan geniet. Nie die plastiek, sement en staal waar sy gevangene gehou word nie.

Denise ·

Ja ek glo dit is enige dier se droom in in sy woonplek die natuur te wees. Ongelukkig is die mens, die wreedste spesie op hierdie planeet aarde. Ons verwoes hul oerwoude ons maak hulle dood en hulle word gebruik vir vleis, moeti of toorgoed. Ons vernietig tot onsself. Kyk net hoeveel lande begin al klaar oor water besoedeling baklei. Jy kan nie meer water net uit die kraan drink nie. Nee, ons die mens, ons is die “alien” spesie, die wreedste spesie, en ons vernietig alles wat mooi in die natuur is.

Annette ·

Ek stem saam. Die mens is die wreedste gedierte spesie. Alles is al besoedel. Selfs die lug wat ons inasem is besoedel. Laat die diere bly waar hulle moet wees en los hulle daar. Moennie van hulle probeer mens maak nie.

M ·

Is ons maar nie net almal soos daai Gorilla nie….vasgevang waar ons nie wil wees nie maar geniet nog die klein goedjies in die lewe.

Vergelyking ·

Moeilik om te vergelyk, die natuur en die hok. Dalk al by hierdie tyd dood in die natuur deur ook hulle wat tweebenig is? Beslis meer in die kop as ander tweebeniges tuis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.