[Video] Kyk hoe skud aardbewing water uit swembad

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

ʼn Inwoner van Christchurch in Nieu-Seeland het beeldmateriaal op sosiale media gedeel toe ʼn aardbewing Sondag die water uit sy swembad geskud het.

ʼn Aardbewing van 5.8 het die stad net ná 13:00 geskud, en talle geboue moes ontruim word. Verskeie rakke in huise, winkels en biblioteke het ook ineengestort.

Daar is nie ernstige skade of sterftes aangemeld nie. Lees meer oor die aardbewing.

Kringtelevisiebeeldmateriaal wys hoe die water oor die rante van die swembad begin spat by die Mattpackers-hostel.

Well Mattpqckers got a 5.8mag earthquake at 12.13 today 13km away here is the proof

Posted by Mattpackers – travellers accommodation Christchurch on Saturday, 13 February 2016

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

JA ·

Nou hoekom plaas jul dan nie my skrywe nie, of word ek ook nie my vryheid van spraak gegun nie

Sune van Heerden ·

Dagsê JA

Kommentaar word ongelukkig afgekeur wanneer dit nie aan ons bepalings en voorwaardes vir lesersdeelname voldoen nie.
Vergewis jouself gerus van dié maatreëls om seker te maak dat jou kommentaar nie verwyder word nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Karma ·

@JA – MM is ongelukkig baie, baie selektief met wie se kommentaar hulle plaas. Sodra daar enige verwysing na ras of taal gemaak word, word jou kommentaar nie geplaas nie. Ek het al kommentare geplaas wat 100% aan MM se B’s & V’s voldoen en dan word dit nie geplaas nie. Dan moet jy nou ook seker onthou dat daar trolle is wat jou kommentaar sal rapporteur, net omdat hulle nie daarvan hou nie en dan verwyder MM dit onmiddellik.

Lou ·

Gelukkig kan julle ouens die pak slae vat! No hard feelings!! Die res van ons lees nog lekker Maroela!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.