Video: Kyk hoe spring bok reg oor pad

Skermgreep uit die video

ʼn Video van ʼn bok wat ʼn yslike sprong neem om ʼn pad oor te steek, is baie gewild op sosiale media.

Die video is oorspronklik deur WildLense Eco Foundation gedeel en is later weer deur die Indiese bosboubeampte Parveen Kaswan gedeel.

In die video kom die bok van ʼn nabygeleë rivier gestap, kom op ʼn drafstap en spring dan oor die grondpad.

“En die goue medalje vir verspring gaan aan …” lui die byskrif by die video.

Dit is nie duidelik watter tipe bok dit is nie, maar ʼn axishert, ʼn spesie wat in Indië voorkom, kan na bewering oor heinings spring wanneer hulle bedreig voel, het die Hunting Heart berig.

“Wow, ek het nog nooit só sprong gesien nie – hy is letterlik besig om te vlieg!” het een persoon in die kommentaargedeelte onderaan die video gesê. ʼn Ander reken dit lyk soos iets uit ʼn aksiefliek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Misky ·

Sjoe, dis omtrent ‘n sprong en ‘n half daai!!!!

Daai bok het seker gehoor sy skoonma is oppad vir ‘n kuier – ha ha ha ha

Kerneels ·

Die nie moontlik n wit stert takbok nie? (Bambi…hehehe) Waar is die slim ouens?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.