Video: Kyk hoe verloofringe in 100 jaar verander het

Argieffoto (Foto: xiaobohe011, Pixabay)

Al ooit gewonder hoe verloofringe die afgelope 100 jaar, van die 1910’s verander het?

ʼn YouTube-gebruiker, wat gereeld video’s vervaardig oor hoe modes oor 100 jaar verander, het ʼn video saamgestel met ʼn fokus op verloofringe.

Van die 1910’s vir elke dekade tot nou toe, het Mode saam met juwelier Peter Jon Shemonsky gewerk om te kyk hoe die grootte, slypwerk en stene oor die jare heen verander het.

Pas jou ring by die dekade waarin jy verloof geraak het?
Watter dekade is jou gunsteling?
Laat weet ons gerus in die kommentaar!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Meraai ·

My ouma se ring uit die 1940’s bly nog die mooiste en ek is die trotse eienaar van daai ring en met trots op my troudag ook gedra. En ja my man het my ook bederf met ‘n baie mooi ring danksy my vriendin se hulp.

Liezel Hoepfner ·

Ag julle hoe kyk ek die video? Ek tik en druk op die speelknoppie…maar niks!

Leoni ·

In die artikel druk ek op kommentaar. Dan maak ‘n volgende skerm oop. Regs bo is drie kolletjies. Regs van share, ek click daar en dan kies ek die open in internet opsie. Dan lê die videoclip eers daar om te sien. As ek dit nie so doen nie kan ek ook nie die clips sien nie.

chante ·

Ooeee die 1920’s beslis die mooiste!!! Soooo tydloos en stylvol

Elvira ·

1920,30,40 ongelooflik pragtige detail. Maar almal is pragtig.

Ekwilibrium ·

Die ’70’s een met pasring is ‘brash & butch’! Maar dan was baie dinge van die ’70’s maar vreemd. Ek weet, want ek kom vanuit die ’70’s!

Linda ·

Ek hou van almal maar die 1930’s ring is vir my die mooiste. Ek hou van vintage en detail.

Dankbaar ·

Hoe kan mens werklik kies? – mooi was nog nooit lelik nie….

Saartjie ·

My Ma het so 1970’s dubbel ring gehad en myne lyk presies soos die 2000 een, net met die troupand by.

Uvonka ·

OOOeee almal is vir my pragtig. As iets ‘n diamant of meer in het dan hou ek daarvan!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.