Danksy storms en wilde weerstoestande in Australië is die natuur se vreemder fenomene op film vasgevang. Water het by die Royal National Park naby Sydney agterstevoorom oor die krans gewaai in plaas daarvan om teen die krans af te val.
Die merkwaardige verskynsel is Maandag verfilm toe wind teen ongeveer 70 km/h aan die kusgebied gewaai het. Video’s is op die Bundeena-besoekerswebwerf gedeel en wys hoe die water verkeerdekant toe val.
Die beeldmateriaal wys twee watervalle naby aan mekaar wat deel is van ʼn gewilde staproete naby Bundeena.
“Stormsterkte winde van 70 km/h by die Royal National Park-kuslyn het tot dié skouspelagtige agterstevoorom watervalle gelei,” het die park op Facebook geskryf.
Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier wys nie
Dink hoe sterk is daai wind.
Lyk vir my meer na ‘n sproei en daarvoor is daar nie ‘n sterk wind nodig nie.
Dis so mooi
Ongelooflik mooi!!