Video: Lag ʼn slag saam met die Sonskynsusters

Pieter-Dirk Uys as boetie terug van sy naweekpas, en Amanda Strydom, Laurika Rauch en Wilna Snyman as die "Sonskynsusters" (Foto: 'n Skermskoot uit die video)

Pieter-Dirk Uys as boetie terug van sy naweekpas, en Amanda Strydom, Laurika Rauch en Wilna Snyman as die “Sonskynsusters” (Foto: ‘n Skermskoot uit die video)

Suid-Afrikaners kan ’n stukkie nostalgie beleef met ʼn vrolike video uit die vroeë dae van Suid-Afrikaanse televisie waarin Amanda Strydom, Laurika Rauch en Wilna Snyman as die “Sonskynsusters” te sien is. Pieter-Dirk Uys “begelei” hulle as Boetie – terug van sy naweekpas.

Dié video, vermoedelik deel van ʼn verskeidenheidsprogram wat Wilna Snyman aangebied het, is in 1982 op die destydse SAUK uitgesaai.

“Die eerste nommertjie wat ons wil doen, is deur ons vader vir ons geskryf,” vertel Amanda in die video. “Dit was toe ons nog baie klein was! Die titel is Hasie en Slangetjie.”

Met Pieter Dirk-Uys se “dis ’n liedjie waar die telefoon sing-e-ling-e-ling” en die Sonskynsusters se “die windpomp draai en die windpomp swaai, so vinnig as wat hy kan …”, is jou dag gewaarborg om op ’n vrolike noot te begin!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Nakkie ·

Ag hoe oulik! Sit ek soos ‘n aap hier en smile by my tafel by die werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.