Suid-Afrikaners kan ’n stukkie nostalgie beleef met ʼn vrolike video uit die vroeë dae van Suid-Afrikaanse televisie waarin Amanda Strydom, Laurika Rauch en Wilna Snyman as die “Sonskynsusters” te sien is. Pieter-Dirk Uys “begelei” hulle as Boetie – terug van sy naweekpas.
Dié video, vermoedelik deel van ʼn verskeidenheidsprogram wat Wilna Snyman aangebied het, is in 1982 op die destydse SAUK uitgesaai.
“Die eerste nommertjie wat ons wil doen, is deur ons vader vir ons geskryf,” vertel Amanda in die video. “Dit was toe ons nog baie klein was! Die titel is Hasie en Slangetjie.”
Met Pieter Dirk-Uys se “dis ’n liedjie waar die telefoon sing-e-ling-e-ling” en die Sonskynsusters se “die windpomp draai en die windpomp swaai, so vinnig as wat hy kan …”, is jou dag gewaarborg om op ’n vrolike noot te begin!
Dis te dierbaar.
Baie dankie hiervoor… myself heerlik verkneukel!
Ag hoe oulik! Sit ek soos ‘n aap hier en smile by my tafel by die werk.
Dis klassiek!