Bryan Lowry, ʼn professionele fotograaf van Hawaii wat vulkane afneem, wou weet wat sal met ʼn blikkie Coca-Cola gebeur indien dit met lawa in aanraking kom.
Hy het ʼn klein gaatjie in die eerste blikkie gemaak om seker te maak dat die blikkie nie ontplof nie. Die tweede blikkie het nie ʼn gaatjie in nie.
Hy het die eerste blikkie met sy Nikon D800 afgeneem en die tweede blikkie met sy GoPro Hero2.
Lowry het ʼn reeks video’s gemaak om te bepaal hoe verskillende voorwerpe met lawa reageer. “Indien enigiemand bekommerd is oor rommel, kan hulle ontspan,” het Lowry gesê. “Al die voorwerpe het gesmelt.”
Die video is reeds meer as 11 miljoen keer op YouTube gekyk.