Video: Lawa verswelg stilstaande motor

Minstens 26 huise is reeds verwoes nadat die Kilauea-vulkaan in Hawaii uitgebars het. Volgens die USGS het van die lawa tot 100 meter hoog in die lug in gespoeg (dit is hoër as die bopunt van die Vryheidstandbeeld in New York, het die Washington Post Maandagoggend berig. Nog uitbarstings word oor die volgende paar dae verwag.

Dié video wys hoe lawa oor ʼn straat kruip en uiteindelik ʼn Ford Mustang-motor, wat langs die pad parkeer gestaan het, insluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Marinda ·

Dan bly ek eerder in sonnige Suid Afrika, met al sy goeie en slegte gebeure. Dis scary.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.